Agrinet Opleidingsakademie Kursusinligting

KLEINHANDEL KURSUS

Die kleinhandelskursus is ‘n omvattende bestuurskursus spesifiek gerig op die kleinhandels-omgewing. Dit is die opleidingsakademie se doelwit om tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling en groei van ons klante by te dra deur opvoeding en opleiding van die hoogste kwaliteit in die kleinhandel sektor aan te bied, tot die voordeel van werkgewers sowel as werknemers. Die kursus word in 2010 vir die derde keer aangebied na uitstekende terugvoer op die vorige kursusse.

 

Die kleinhandelskursus word verdeel in nege verskillende modules wat strek oor ’n tydperk van een jaar. Elke module neem ’n maand om te voltooi en bestaan uit ’n twee dag kontaksessie, waarna die student vir die res van die maand aan verskeie projekte moet werk. Spesifieke modules kan bygewoon word of die kursus as geheel. Na afloop van die suksesvolle voltooiing van al nege modules, ontvang studente ’n Nasionale sertifikaat in kleinhandelsbestuur.

Volledige Kursusinligting (pdf) Registreer

“FRONT-HOUSE” KURSUS
Kliëntediens, Rakversorging & Bemarking

Dienslewering is onder andere ‘n baie belangrike eienskap vir enige suksesvolle besigheid. Die doel van die “Front-House” kursus is om kursusgangers die nodige vaardighede te leer om uitstekende diens te lewer asook die selfvertroue te gee om verkope te optimiseer deur ‘n onvergeetlike koopervaring vir elke klant wat die winkel binnekom te skep. Navorsing het getoon dat dit baie effektief is om in ‘n werknemer se vaardighede te belê veral in moeilike tye om sodoende obrengste te verhoog.

 

Die module is ‘n kombinasie van die mees belangrikste aspekte van die eerste vier modules in die kleinhandelskursus en is veral geskik vir junior personeellede en vloerpersoneel, en dit word ten sterkste aanbeveel dat enige persoon wat kontak met klante het die kursus bywoon wat aangebied word deur Annie Babtiste.

Volledige Kursusinligting (pdf) Registreer

TEGNIESE BESPROEIING KURSUS

Die tegniese besproeiingskursus trek in 2010 ’n nuwe baadjie aan. Die kursus bestaan uit twee modules naamlik (1) Pompseleksie en tuinbesproeiingsontwerp (3 dae) en ’n meer gevorderde module vir die meer ervare persoon naamlik (2) Gevorderde pompseleksie en drup-mikro-besproeiing (2 dae).

 

Die doel van die eerste module is om die kursusgangers bekend te stel aan besproeiingsprodukte om sodoende basiese produkkennis uit te brei. Dit is baie prakties en kursusgangers spandeer ’n halwe dag in die werkswinkel om die werking van besproeiingsprodukte beter te verstaan. Die doel van die pompseleksie en tuinbesproeiingsontwerp afdeling is om die kursusganger te leer hoe om ‘n effektiewe en bekostigbare tuinbesproeiingsstelsels te ontwerp, waar die pompseleksie afdeling fokus om die kursusganger in staat te stel om die regte inligting te bekom en die regte pomp vir die aanwending aan te beveel. Pyplynontwerp en skakeltuig word breedvoerig behandel.

 

Die gevorderde pompseleksie en drup-mikro module is ’n nuwe module wat vir die eerste keer in 2010 aangebied word. Die doel van die gevorderde kursus is om pompseleksie en drup-mikro besproeiing breedvoerig te behandel om sodoende die student in staat te stel om met selfvertroue klante te konsulteer volgens behoefte.

 

Na afloop van elke module word studente geëvalueer en die slaagsyfer is 75%. Studente kan ongelukkig nie aangaan met die tweede module indien die eerste module nie suksesvol afgehandel is nie.

Volledige Kursusinligting (pdf) Registreer

PRODUKOPLEIDING

Produkopleiding word in samewerking met Agrinet verskaffers en -personeel aangebied. Kundigheid op die vloer is lank reeds geïdentifiseer as een van die groot tekortkominge op kleinhandelvlak. Met hierdie program poog Agrinet om ‘n bydrae te lewer tot die vlak van kundigheid binne die winkel. Die doel is om winkelpersoneel in staat te stel om met vertroue klante se vrae te beantwoord en van advies te voorsien. Produkopleiding vir klante is intensief, nie net in terme van produkkennis nie, maar ook in voortgesette fokus op klantetevredenheid. Kursusgangers sal nie alleen opleiding kry nie maar ook uitgebreide blootstelling aan die betrokke produkreeks. In alle gevalle word seker gemaak dat die beste persoon of persone gebruik word om die opleiding aan te bied.

Volledige Kursusinligting (pdf) Registreer